Minder as een in agt maatskappye se "programme vir
verandering" is suksesvol. Minder as 10% van ons wat probeer gewig
verloor, binne ons begroting bly of slegte gewoontes afksud, kry dit reg. Twee
derdes van misdadigers wat vrygelaat word uit "korrektiewe dienste"
eindig weer binne drie jaar daar op. Geen wonder ons vat maar die raad van
David Sedaris wat gesê het: "Ek het nie 'n idee hoe om mense te
verander nie, maar ek hou steeds rekord van 'n lang lys voornemende kandidate
net vir ingeval ek dit ooit regkry."
In die boek Influencer - the new science of
leading change deur Kerry
Patterson en Joseph Granny word daar verduidelik dat invloed in drie stappe
uitgeoefen word, naamlik:
- Fokus en meet
- Identifiseer sleutel gedrag
- Aktiveer die 6 bronne van invloed
Leiers wat weet hoe om
invloed uit te oefen is 100% seker oor wat hulle wil verander, wat hulle
daardeur wil bereik en het 'n manier ingedagte oor hoe hulle dit kan meet. Dan
kyk hulle na twee of drie sleutel gedragspatrone wat verander moet word om die
uitkoms te kry wat hulle soek. Sodra hulle dit weet, kry hulle sisteme in plek
om deurentyd dié 6 bronne van invloed te aktiveer: