Showing posts with label Afrikaans. Show all posts
Showing posts with label Afrikaans. Show all posts

Wat Pareto, Israel en "Chicago Boys" te doen het met Afrikaans

Chicago Boys - 1973
Internasionale moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier ter herinnering van 5 studente wat in Dhaka in Bangladesh in 1952 hulle lewens in n optog verloor het. Pakistan is in 1947 gevorm met wat ons vandag ken as Bangladesh, aan die Ooste kant, en Pakistan aan die Weste kant, met Indië wat hulle skei. Die Pakistan-regering het die nasionale taal Urdu gemaak terwyl die meerderheid inwoners aan die Ooste gedeelte Bengali gepraat het. In die totale taalstad het byna 2000 mense hulle lewens vir hulle moedertaal verloor. Koffi Annan het die voorstel vir die Verenigde Nasies (VN) deurgestuur dat dié dag herdenk moet word, en na die aanvaarding van die mosie het die VN gesê: “Taal is die magtigste instrument vir die ontwikkeling van erfenis.”

Maar in teenstelling met die studente in Dhaka toe die taalstryd sy hoogtepunt bereik het, moet ons besef dat meeste van die dinge wat ons doen, geen verskil maak nie.

Die Pareto-beginsel

Vilfredo Pareto het iets daarvan verstaan. Hy is natuurlik die Italiaanse ekonoom wat in die vroëe 1920’s ’n bestuursbeginsel neergelê het wat tot vandag toe nog nie uit bestuurshandboeke geskryf is nie. Naamlik, die Pareto-beginsel. Dié beginsel meen dat 20% van ons aksies verantwoordelik is vir 80% van ons uitsette. Pareto het ook die 80/20 beginsel in Italië opgemerk, waar 20% van die burgers 80% van die grond besit het. En selfs in sy eie ertjie-oes het hy opgemerk dat 20% van sy ertjies verantwoordelik is vir 80% van die opbrengs. Selfs 20% van jou kliënte is tien teen verantwoordelik vir 80% van jou omset, 20% kriminele is verantwoordelik vir 80% van die misdaad en hoe jy 20% van jou tyd spandeer is verantwoordelik vir 80% van jou sukses.

Dit is ook waar wanneer dit by lande in 'n wêreld-konteks kom, ’n klein handjie vol lande is verantwoordelik vir 80% van die wêreld se vooruitgang. Israel is ’n goeie voorbeeld. Hulle het 0.2% van die wêreld se bevolking (daar is 100 lande wat groter is as Israel), hulle het min tot geen natuurlike hulpbronne, is omring deur vyande en hulle staat is maar 70 jaar oud. Maar:
  • Israel het die derde mees opgeleide bevolking ter wêreld, 
  • Israel is tweede wanneer dit by ruimtevaart-tegnologie kom, 
  • Israel het die tweede meeste Nobelrpys-wenners ter wêreld,
  • Israel is ook die enigste land wat ’n vergete taal in die 21ste eeu kon laat herleef,
  • Israel het meer patente geregistreer as Indië, Rusland en Sjina saam - wat 300 keer die bevolking van Israel het. 
  • Anders as enige ander land, leef 90% van die bevolking van sonpanele af en is Isreal die enigste land wat ’n netto groei in die aanplant van bome kan wys. 
  • Israel het selfs, relatief tot hulle bevolking, die meeste nuwe tegnologie maatskappye elke jaar.
Kan Afrikaanse entrepreneurs wees vir Suid-Afrika wat Israel vir die wêreld is?

Die nommer een aanduier van 'n huwelik wat hou

Die nommer een aanduier van 'n huwelik wat gaan hou, is - hoe goed julle met mekaar kan baklei. Navorsers kan redelik akkuraat voorspel watter huwelike die toets van tyd gaan deurstaan en wie 'n ernstige speek in die wiel gaan kry halfpad deur. Ons vermoeë om konflik te hanteer het 'n drastiese effek op die gesondheid van ons huwelik.

Leierskapsles uit 1911 se Suid-Pool resies

Links: Ronald Amundsen. Regs: Robert Scott
In Jim Collins se boek Great by Choice verduidelik hy die teenstellings van die twee leiers. Ronald Amundson het in 1899 in voorbereiding 2000 myl met sy fiets tussen Noorwee en Spanje afgelê. Hy het met rou dolfynvleis eksperimenteer as 'n moontlike bron van energie. In sy voorbereiding het hy 'n pelgrimstog saam die Eskimo's meegemaak en so geleer om 'n slee met honde te trek. Hy het geleer dat honde minder sweet as ander diere en daarom minder oortollige sweet het wat in ys kan verander. En aangesien honde vleis eet gee dit hom die opsie om van die honde tydens sy Suid-Pool ekspedisie op te offer vir die ander honde. By Eskimo's het hy ook geleer om duk velle te dra wat los sit, om te help dat die vog verdamp en nie aan die klere vassit nie. Wat Amundson gedoen het is om nie te wag tot hy in die Suid-Pool is om sy probleme op te los nie, hy het voorbereidings getref vir enige scenario en seker gemaak hy doen voor die tyd reeds alles wat nodig is.

Bou só vertroue in die werksplek

Om werklik vertroue met jou kollegas, jou werknemers, jou kinders of vriende te bou moet ons eerstens verstaan wat in iemand se brein plaasvind wanneer hulle ons nie vertrou nie, en dan wat ons kan doen om vertroue te wen. Hoekom is vertroue belangrik? Verhoudings waar vertroue die vertrekpunt is stel bestuurders in staat om gemotiveerde werknemers te hê, ouers om beter verhoudings met hulle kinders te hê en maak van destruktiewe verhoudings konstruktiewe sukses stories.

6 Bronne van Invloed: Hoe leiers mense moet motiveer

Minder as een in agt maatskappye se "programme vir verandering" is suksesvol. Minder as 10% van ons wat probeer gewig verloor, binne ons begroting bly of slegte gewoontes afksud, kry dit reg. Twee derdes van misdadigers wat vrygelaat word uit "korrektiewe dienste" eindig weer binne drie jaar daar op. Geen wonder ons vat maar die raad van David Sedaris wat gesê het: "Ek het nie 'n idee hoe om mense te verander nie, maar ek hou steeds rekord van 'n lang lys voornemende kandidate net vir ingeval ek dit ooit regkry."

In die boek Influencer - the new science of leading change deur Kerry Patterson en Joseph Granny word daar verduidelik dat invloed in drie stappe uitgeoefen word, naamlik:


  1. Fokus en meet
  2. Identifiseer sleutel gedrag
  3. Aktiveer die 6 bronne van invloed
Leiers wat weet hoe om invloed uit te oefen is 100% seker oor wat hulle wil verander, wat hulle daardeur wil bereik en het 'n manier ingedagte oor hoe hulle dit kan meet. Dan kyk hulle na twee of drie sleutel gedragspatrone wat verander moet word om die uitkoms te kry wat hulle soek. Sodra hulle dit weet, kry hulle sisteme in plek om deurentyd dié 6 bronne van invloed te aktiveer:

5 Lesse vir meer geluk


Shawn Achor, 'n dosent aan die Harvard Universiteit en wenner van 'n reeks toekennings oor sy bevindings in die veld van sielkunde, het die boek "The happiness advantage" geskryf. In verskeie onderhoude wat met hom gevoer is beskryf hy waarom "positiewe denke" nie net eenvoudig 'n ongegronde, impulsiewe aanmaning van jou ouers is wat net moeg is vir jou negatiwiteit nie. Maar, dat werknemers se geluksvlak 'n wesenlike effek het op maatskappye se sukses, winste, verhoudings en kultuur. Hier is 'n opsomming vanuit onderskeie onderhoude met Achor: