Verander jou gedrag: Leer by dobbelverslaafdes en vuurpyle

Dan Ariely
Waarom het mense soveel gewoontes wat hulle nie wil hê nie?
Hoekom spandeer ons soms ons tyd op maniere wat ons weet nadelig is vir ons?
Het jy die laaste twee weke minder geoefen of meer geëet as wat jy wou?

Daar is enkele filosifieë wat sin maak:

1. Koste van verloor ("Sunk Cost Fallacy")

Die moontlikheid om iets te verloor weeg swaarder in ons gedagtes as die geleentheid om te wen. Daniel Kahneman het met verskeie studies gewys dat jou onderbewussyn meer daarop toegespits is om te verhoed dat jy iets verloor as om te fokus op wat jy ekstra kan kry. Die beste voorbeeld is van iemand wat dobbel, die emosie om geld te verloor is meer intens as die emosie om geld te wen. Daarom is ons meer geneig om kanse te waag wanneer ons dubbel of meer kan wen in ruil vir die risiko van iets verloor. Het jy al 'n swak boek gelees of film gekyk maar dit steeds klaargemaak? Die rede daarvoor is: Wanneer ons 'n hulpbron belê wil ons dit nie verloor nie, selfs al beteken dit dat ons onsself moet mislei oor die waarde daarvan.


Die effek van dié beginsel op besighede:

  • Besighede hou werknemers wat nie presteer nie, omdat die tyd, opleiding en verhouding wat jy in die werknemer belê het, vir jou erger is om te verloor as jy die toekomsvooruitsig van minder wins.
  • In tye van krisis is leiers stadig om groot besluite te maak, huiwerig om kostes te sny of met verskaffers te her-onderhandel - bloot omdat dit moeite gekos het om die status quo daar te stel. 
  • Leiers spreek nie wanprestasie onmiddelik aan nie. Die rede: Onmiddelike konflik (om die verhouding tydelik skade te doen en goeie verhoudinge prys te gee) weeg swaarder as die toekomstige geleentheid om selfs 'n beter verhouding te met die werknemer te hê. Leiers wil nie die moeite wat hulle gedoen het om goeie verhoudings te kweek, verloor nie. Selfs al beteken dit dat hulle minder gaan wen in die toekoms.
So, mense is meer geneig om geen aksie te neem as om slegte gedrag/gewoontes af te sny. Hoe verander ons dan ons gedrag?

Gedrag word verander op dieselfde manier waarop vuurpyle aangedryf word, deur so min as moontlik wrywing en soveel as moontlik brandstof:
  1. 'n Omgewing skep met so min as moontlik wrywing
Waar wil ons uitkom en wat kan ons op die pad na die doelwit doen om so min as moontlik hekkies te moet oorkom. 

As jy 'n gesonder leefstyl wil hê en elke dag van die week vir 1 uur wil oefen, hoe ver moet jy gimnasium toe ry? In watter verkeer moet jy sit? Sukkel jy om jou oefenklere gereed te kry in die oggend? Watter struikelblokke kan jy verwyder om die outomatiese besluit makliker te maak?

  1. Identifiseer positiewe drywers om jou gedrag te verander
Dan Ariely wys op 'n studie waar landsburgers in Amerika finansiële geletterdheid opleiding ontvang, maar dat daar slegs 0.1% langtermyn verandering is in mense se optrede. Die rede: Mense kort drywers om hulself te herinner aan waarom hulle sekere uitkomste wil bereik. In die geval kan dit wees om jou kinders te vra om jou elke week te SMS en te herinner dat hulle universiteit toe moet gaan oor 10 jaar. Of jy moet visualiseer hoe jou huishouding en vakansietyd lyk as jy skuldvry sou wees of fokus op 'n beloning wat jy kan kry as jy suksesvol jou gedrag verander. 

Mense is moeilik om te verander - omgewing en konteks is makliker.

Verander omgewing deur:
  • Die prosesse in jou besigheid in te stel om sekere gedrag te verseker eerder as om dit van individue te verwag.
  • Goeie gewoontes makliker te maak deur fisies die ruimte te verander (sjokolades in die hoogste rak te bêre en vrugte in die laagste; kreatiwiteit te verbeter deur die kantoor-opset meer kreatief te maak of verskillende vertrekke te hê vir verskillende doeleindes).
  • Vooruit vasgestelde afsprake in jou dagboek te skeduleer om aan werknemers terugvoer te gee, om te lees of self-ontwikkeling te doen.

Verander konteks deur:
  • 'n Kalender op jou yskas te sit en elke dag af te merk wat jy oefen (om jou doelwit van 250 dae 'n jaar te bereik). Jy sien dit elke dag en die rede waarom jy dit doen word herbevestig.
  • Hou 'n joernaal, skryf daagliks redes neer oor waarom jy sekere gedrag wil aanpas of behou.
  • Vertel vir ander mense sodat jy aanspreeklik is, vriende en familie is deel van jou konteks. Dit is moeilik om op te hou rook as al jou vriende ook rook. Spandeer ook tyd saam met mense soos wie jy wil wees of wat reeds bereik het wat jy wil. 
Kyk Dan Ariely se video op TED: How to change your behaviour
Lees Daniel Kahneman se boek: Thinking Fast and Slow