Verander jou gedrag: Leer by dobbelverslaafdes en vuurpyle

Dan Ariely
Waarom het mense soveel gewoontes wat hulle nie wil hê nie?
Hoekom spandeer ons soms ons tyd op maniere wat ons weet nadelig is vir ons?
Het jy die laaste twee weke minder geoefen of meer geëet as wat jy wou?

Daar is enkele filosifieë wat sin maak:

1. Koste van verloor ("Sunk Cost Fallacy")

Die moontlikheid om iets te verloor weeg swaarder in ons gedagtes as die geleentheid om te wen. Daniel Kahneman het met verskeie studies gewys dat jou onderbewussyn meer daarop toegespits is om te verhoed dat jy iets verloor as om te fokus op wat jy ekstra kan kry. Die beste voorbeeld is van iemand wat dobbel, die emosie om geld te verloor is meer intens as die emosie om geld te wen. Daarom is ons meer geneig om kanse te waag wanneer ons dubbel of meer kan wen in ruil vir die risiko van iets verloor. Het jy al 'n swak boek gelees of film gekyk maar dit steeds klaargemaak? Die rede daarvoor is: Wanneer ons 'n hulpbron belê wil ons dit nie verloor nie, selfs al beteken dit dat ons onsself moet mislei oor die waarde daarvan.

Wat Pareto, Israel en "Chicago Boys" te doen het met Afrikaans

Chicago Boys - 1973
Internasionale moedertaaldag word elke jaar op 21 Februarie gevier ter herinnering van 5 studente wat in Dhaka in Bangladesh in 1952 hulle lewens in n optog verloor het. Pakistan is in 1947 gevorm met wat ons vandag ken as Bangladesh, aan die Ooste kant, en Pakistan aan die Weste kant, met Indië wat hulle skei. Die Pakistan-regering het die nasionale taal Urdu gemaak terwyl die meerderheid inwoners aan die Ooste gedeelte Bengali gepraat het. In die totale taalstad het byna 2000 mense hulle lewens vir hulle moedertaal verloor. Koffi Annan het die voorstel vir die Verenigde Nasies (VN) deurgestuur dat dié dag herdenk moet word, en na die aanvaarding van die mosie het die VN gesê: “Taal is die magtigste instrument vir die ontwikkeling van erfenis.”

Maar in teenstelling met die studente in Dhaka toe die taalstryd sy hoogtepunt bereik het, moet ons besef dat meeste van die dinge wat ons doen, geen verskil maak nie.

Die Pareto-beginsel

Vilfredo Pareto het iets daarvan verstaan. Hy is natuurlik die Italiaanse ekonoom wat in die vroëe 1920’s ’n bestuursbeginsel neergelê het wat tot vandag toe nog nie uit bestuurshandboeke geskryf is nie. Naamlik, die Pareto-beginsel. Dié beginsel meen dat 20% van ons aksies verantwoordelik is vir 80% van ons uitsette. Pareto het ook die 80/20 beginsel in Italië opgemerk, waar 20% van die burgers 80% van die grond besit het. En selfs in sy eie ertjie-oes het hy opgemerk dat 20% van sy ertjies verantwoordelik is vir 80% van die opbrengs. Selfs 20% van jou kliënte is tien teen verantwoordelik vir 80% van jou omset, 20% kriminele is verantwoordelik vir 80% van die misdaad en hoe jy 20% van jou tyd spandeer is verantwoordelik vir 80% van jou sukses.

Dit is ook waar wanneer dit by lande in 'n wêreld-konteks kom, ’n klein handjie vol lande is verantwoordelik vir 80% van die wêreld se vooruitgang. Israel is ’n goeie voorbeeld. Hulle het 0.2% van die wêreld se bevolking (daar is 100 lande wat groter is as Israel), hulle het min tot geen natuurlike hulpbronne, is omring deur vyande en hulle staat is maar 70 jaar oud. Maar:
  • Israel het die derde mees opgeleide bevolking ter wêreld, 
  • Israel is tweede wanneer dit by ruimtevaart-tegnologie kom, 
  • Israel het die tweede meeste Nobelrpys-wenners ter wêreld,
  • Israel is ook die enigste land wat ’n vergete taal in die 21ste eeu kon laat herleef,
  • Israel het meer patente geregistreer as Indië, Rusland en Sjina saam - wat 300 keer die bevolking van Israel het. 
  • Anders as enige ander land, leef 90% van die bevolking van sonpanele af en is Isreal die enigste land wat ’n netto groei in die aanplant van bome kan wys. 
  • Israel het selfs, relatief tot hulle bevolking, die meeste nuwe tegnologie maatskappye elke jaar.
Kan Afrikaanse entrepreneurs wees vir Suid-Afrika wat Israel vir die wêreld is?