Leierskapsles uit 1911 se Suid-Pool resies

Links: Ronald Amundsen. Regs: Robert Scott
In Jim Collins se boek Great by Choice verduidelik hy die teenstellings van die twee leiers. Ronald Amundson het in 1899 in voorbereiding 2000 myl met sy fiets tussen Noorwee en Spanje afgelê. Hy het met rou dolfynvleis eksperimenteer as 'n moontlike bron van energie. In sy voorbereiding het hy 'n pelgrimstog saam die Eskimo's meegemaak en so geleer om 'n slee met honde te trek. Hy het geleer dat honde minder sweet as ander diere en daarom minder oortollige sweet het wat in ys kan verander. En aangesien honde vleis eet gee dit hom die opsie om van die honde tydens sy Suid-Pool ekspedisie op te offer vir die ander honde. By Eskimo's het hy ook geleer om duk velle te dra wat los sit, om te help dat die vog verdamp en nie aan die klere vassit nie. Wat Amundson gedoen het is om nie te wag tot hy in die Suid-Pool is om sy probleme op te los nie, hy het voorbereidings getref vir enige scenario en seker gemaak hy doen voor die tyd reeds alles wat nodig is.

Twee spanne met een doel - om die eerste reisigers te wees wat die Suid-Pool bereik. Aan die een kant Ronald Amundsen en aan die kant Robert Falcon Scott. Identiese leiers, met identiese ervaring en so te se ewe oud. Maar wat het gemaak dat die een meer as 'n maand vroeër as die ander een sy vlag in die Suid-Pool kon plant?



Ronald Amundson  en van sy spanlede
Tydens die Suid-Pool tog het Amundson bakens op elke myl geplaas om sy pad makliker terug te kry. Behalwe vir sy primêre depot het hy elke 8 myl 'n vlag met 'n stok geplaas vir ingeval hy in 'n storm vasgevang sou word en nie meer sy ander bakens kon sien nie. 

In teenstelling daarmee het Robert F. Scott nie dolfynvleis geëet, by die Eskimo's gaan woon of honde gebruik om sy slee's mee te trek nie. Hy het ponies en motoraangedrewe slee's gebruik, die ponies het dood gevries en die slee's het binne enkele dae opgepak. Hy het net vlae geplant by sy primêre depot's en geen voorsiening gemaak vir wanneer hy verdwaal nie. In sy dagboek inskrywings kla hy oor "die slegte geluk wat hulle ervaar" en hoe "belaglik die weer is" wat hulle moet deurmaak.



Robert Scott en sy spanlede
Amundson het 4 termometers saamgevat ingeval een breek, Scott net een. Amundson het drie ton voorraad saamgeneem vir sy vyf manskappe terwyl Scott een ton vir 17 manskappe gevat het. Albei het dieselfde weer ervaar, sowat 56% goeie teenoor slegte weer. Maar op 15 Desember 1911 het Amundson en sy span die Suid-Pool bereik en die Noorweegse vlag geplant, en dadelik voorbereidings getref vir die lang tog terug. 17 Januarie 1912 het Scott en sy span op die Noorweegse vlag afgekom, meer as 'n maand later (sien foto onder). Teen 25 Januarie was Amundson en sy span reeds terug by die huis en agt maande later eers het 'n Britse verkenningspan die 17 mans gekry waar hulle doodgevries in hulle tente lê, 10 myl kort van 'n voorraadsdepot.


Wat kan ons hieruit leer?




  • Berei jouself en jou span nou reeds voor.
  • As jy sukses behaal, moenie te lank daar stilstaan nie.
  • Ervaring is nie 'n lisensie om aan te hou kanse vat sonder voorbereiding nie.
  • Baken jou reis af, anders verdwaal jy in storms.
  • Stel maatstawwe in wat as termometers kan dien, sodat jy weet waar jy trek.
  • Vat kanse wanneer alles nie in die weegskaal is nie, toets rou dolfynvleis of ponies reeds voor die reis, en tydens nie.
  • Moenie jou omgewing blameer nie.
  • Spaar jou voorraad langs die pad sodat jy genoeg het wanneer dit nodig is.
  • Neem volle verantwoordelikheid vir die manskappe wat saam jou op reis gaan, tref voorbereidings vir hulle ook.
Scott en sy span neem 'n foto toe hulle by die Suid-Pool aankom